Datums
Veiling |
Inskrywings Sluit |
1ste Inname |
2de Inname |
Middelkeuring |
Veiling |
Prieska |
1ste Donderdag
Februarie |
3de Dinsdag
April |
|
2de Dinsdag
Oktober |
1ste Donderdag
Februarie |
Kenhardt |
4de Woensdag
Mei
|
1ste Dinsdag
September |
|
2de Dinsdag
Maart |
4de Woensdag
Mei |
Griekwastad |
2de Woensdag
September |
2de Dinsdag
Oktober |
2de Dinsdag
November |
2de Dinsdag
Junie |
2de Woensdag
September |
- Ramme sal slegs van 8 tot 10 vm op datum van inname ontvang word op Brakpoort.
- Ramme wat afgekeur word by inname, middelkeuring, finale keuring voor veiling of wat nie verkoop word op die veiling nie,moet deur die eienaar self verwyder word. Indien nie sal die ramme bemark word.
- Gelde betaalbaar:
- Die inskrywingsgeld en ledegeld van R20 is betaalbaar met die inname van die ramme.
- Nuwe deelnemers sal 'n intreefooi van R3000-00 betaal.
- U moet ‘n ingeskrewe opbetaalde lid van die betrokke ras se telersgenootskap wees.
- Seleksie sal tydens inname deur rasinspekteurs gedoen word.
- 'n Ondersoek sal met inname gedoen word en ramme met enige abnormaliteit, of enige sigbare aansteeklike siekte sal nie aanvaar word nie.
- Alle skaaptelers moet ‘n Brucella Ovis skoon kudde sertifikaat toon met die inname.
- Die onus rus op die eienaar om toe te sien dat diere wat ingeskryf word op die Logix stelsel is. Indien die diere nie op die stelsel is as die toets begin nie moet u die ramme terug neem en verbeur u die inskrywings geld.
- Nuwe lede moet ‘n afskrif van die volgende saambring:
- ‘n afskrif van u BTW sertifikaat
- u Bank besonderhede saambring
- Intree fooi van R3000 betaal.
- Vir Griekwastad sal slegs ramme gebore in APRIL en MEI van alle deelnemende rasse vir eerste inname aanvaar word.
- Vir Griekwastad se 2de inname sal slegs ramme van alle deelnemende rassegebore JUNIE en JULIE aanvaar word.
- Vir Kenhardt sal slegs skaap ramme gebore Februarie,Maart en April aanvaar word.
- Vir Prieska veiling word ramme aanvaar wat van Augustus tot einde November gebore is.
- Geen ram sonder 'n korrek genommerde oorplaat sal aanvaar word.
- Geboortedatums moet verskaf word by inname.
- Ramme moet teen die volgende immuniseer wees:
- Bloednier,
- Pasteurella,
- Brucella (Rev1).
- Gewigsgrense:
Dorpers: 30 tot 60 kg
Bokke en van Rooy's: 26 tot 50 kg
- Dorper en Witdorper ramme moet geskeer maar nie 'getrim' wees nie.
- Indien geld uitstaande is, mag die bestuur van u ramme verkoop om die koste te dek.
- Telers mag met die toestemming van die Voorsitter getalle verskuif tussen die twee innames.
Middagete sal voorsien word om 14h00 op Brakpoort na eerste inname.