Noord-Kaap Veldramveiling 2012

Noord-Kaap Veldramveiling 2012


12 September 2012
Griekwastad Skougronde
11:00

 

 

27ste Veldramveiling Verslag

Die Noordkaap Veldram Projek streef reeds vir 27 jaar na meer wetenskaplike veeboerdery. Na die pas afgelope veiling op Griekwastad kan die bestuur tevrede voel met die vordering.

Die kopers op die veiling betaal beslis meer vir die ramme wat goed presteer, aangepas is en ramme met beter teelwaardes. Ook is daar geskiedenis gemaak deurdat Dorpers, Wit Dorpers, Boerbokke en Meatmasters nie meer met stoet en kudde kolle gemerk was nie. Die rede hiervoor is voor die hand liggend. Diere wat as stoet geklassifiseer was in die verlede het soms uiters swak genetiese teelwaardes gehad en ook andersom waar diere met besonder goeie teelwaardes slegs as kudde diere geklassifiseer was. Kopers is dus mislei deur die kolle. Die ideaal is egter om diere te teel met goeie teelwaardes maar wat ook ‘n bo gemiddelde bouvorm het.

Omdat die syfers dikwels verwarrend is en moeilik om te interpreter is dit vergemaklik met simbole. *top 10%, +top 40%, =gemmiddeld, - onderste 40% en x onderste 10%. ,n * beteken dat die dier vir die betrokke eienskap in die top 10% van die land is.
 

Aantal Sterretjies Geen * ** ***
PRYS - Dorpers
Boerbokke
R4712
R6211
R5821
R7766
R6805
R8385
R7144

 

Relatiewe Ekonomiese Waarde (REW) is ‘n kombinasie van speen, na speen en reproduksie teelwaardes. REW het dorper en bok pryse as volg beëinvloed:
 

REW Negatief 0 - 3 3 - 5 5 - 7 7 - 9 9 - 11 Bo 11
PRYS - Dorpers
Boerbokke
R3500
R5016
R4587
R5840
R5622
R7316
R6347
R7733
R6278
R8962
R8428 R9050

 

Wat seleksie indekse betref wat ‘n goeie aanduiding van aanpasbaarheid is het die dorper en bok ramme die volgende pryse behaal:

 

Seleksie Indeks Onder 90 90 - 100 100 – 110 110 – 120
PRYS - Dorpers
Boerbokke
R3400
R5600
R4836
R6110
R5791
R7075
R7784
R9150

 

By al die ander rasse is presies dieselfde tendens van prysvorming waargeneem.

Van Rooy ramme is vir R4264 verkoop, Meatmasters se gemiddeld was R5548 en die Savannas R4414.

196 Ramme is in totaal aangebied en almal is verkoop. G.W.K. het die veiling aangebied.

Louis van Rensburg
Voorsitter van die Noordkaap Veldram Projek

© Copyright Noord-Kaap Veldram Projek 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord-Kaap Veldram Projek.