Noord-Kaap Veldram Projek Nuus

Noord-Kaap Veldram Projek Nuus

Kleinvee SA Stoetteeler 2024 2024

 

 

 

SA Stamboek Elite-toekennings vir 2024

Baie geluk aan die lede van NKVP met jul  SA Stamboek Elite-toekennings vir 2024. Die volgende lede is vereer:

Platinum Robbie Meintjes  Dorpers
  HG Human  Dorpers
  Johannes Human Wit  Dorpers
Dubbel Goud Egbert van Rensburg Wit  Dorpers
  Christo van Deventer Dorpers
Silwer Jaco van Rensburg Dorpers
  Jaco van Rensburg Boerbokke
  Jaco van Rensburg  Van Rooys
  Egbert van Rensburg Boerbokke
  Johan vd Colff Wit Dorpers
  Joe Scholtz  Savannas
Brons Danie Carstens Boerbokke
  Johannes Jordaan; Van Rooys
  Anel Liebenberg Van Rooys
  Joe Scholtz Van Rooys
  Louis Botma Van Rooys
  Pieter Wiese Van Rooys

 

 

Kleinvee Teler van die Jaar

Vier van ons lede is vanjaar deur SA Stamboek genomineer as Kleinvee teler van die jaar. Hulle is Robbie Meintjes, Christo van Deventer, HG Human en Johannes Human. Daar word elke jaar tien telers genomineer. Voorheen is hierdie gesogte toekenning al verower deur Louis van Rensburg in 2002 en deur Jaco van Rensburg in 2017. Ons glo een van bogenoemde vier lede sal vanjaar met die toekenning kan spog.

 

 

NKVP se lede maak skoonskip by ALFA week

Op Donderdag 20 September 2018, tydens n spoggeleentheid van die Alfa skou in Parys, is telers van reg oor die land vereer met toekennings van SA stamboek. 

Alle kleivee rasse wat produksie aantekeninge doen, het in aanmerking gekom vir die toekennings. Die toekennings is gemaak op grond van n teler se hele kudde en nie slegs sy paar beste diere nie. Die klem val egter op produksie (groei tempo) en reproduksie m.a.w. die eienskappe wat bepaal of n boer werklik geld maak of nie.

Die volgende telers van Noordkaap Veldram Projek het toekennings ontvang. Toekennings is gemaak in Brons, Silwer, Goud en Dubbel Goud.

Silwer

Dorpers - Jaco van Rensburg
Dorpers - John Daniel
Witdorper - Egbert van Rensburg
Van Rooys - Jaco van Rensburg
Meatmasters - Jo Steenkamp

Goud

Dorpers - RS Meintjes
Dorpers - HG Human
Dorpers - Christo van Deventer
Witdorper - Johannes Human
Meatmasters - Esjay Visser

Dubbel Goud

Boerbokke - Jaco van Rensburg
Meatmasters - Clynton Collett

 

Daar is tien Dubbel Goue toekennings gemaak. Hulle ding April 2019 mee om die teler van die jaar. Die aand by n Gala dinee, wat deur ongeveer 600 mense bygewoon is, is die BKB Nasionale Kleinveeprestasie kampioene aangekondig. 12 Kleinvee rasse is benoem om deel te neem. BKB in samewerking met SA Stamboek het as beoordelaars opgetree. Weereens is dit die lede van NKVP wat uitstaan.

Kampioene

Dorperram - HG Human
Boerbokram - Jaco van Rensburg
Van Rooyram - Jaco van Rensburg
Savannaram - Joe Scholtz
Meatmasters - Clynton Collett

 

Die Alfa week bied n uitstekende platvorm vir elke telersvereniging om maksimum bloodstelling te gee aan diegene wat produksiemeting doen. Sprekers van oorsee was uitstekend. Dit maak ‘n mens opgewonde om te hoor hoe ver die melk en hoender bedrywe gevorder het vandat hulle geneties meerderwaardige diere as toekomstige ouers gebruik.

 

Noord-Kaap Veldram ALFA Week Lede

Agter: Jaco van Rensburg, Esjay Visser, HG Human, John Daniel

Voor: Christo van Deventer, Robbie Meintjes, Louis van Rensburg, Jo Steenkamp, Clynton Collett.

 

Stamboek Kleinvee boer van die jaar toekenning vir 2002

Louis van Rensburg ontvang die Stamboek Kleinvee boer van die jaar toekenning vir 2002.

 

© Copyright Noord-Kaap Veldram Projek 2024. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Noord-Kaap Veldram Projek.