11 September 2013
Griekwastad Skougronde
10:30
Goeie vraag vir veldramme op Griekwastad
Die 28ste jaarlikse veldram veiling is verlede maand op Griekwastad gehou. Kopers van sover as Johannesburg, Loeriesfontein, Bloemfontein, Hoopstad en Graaff Reinet het die veiling bygewoon. Aangepaste ramme op die veld met goeie teelwaardes raak almeer gewild.
Volgens Louis van Rensburg, voorsitter van die projek, val die klem op ekonomiese eienskappe wat geld in die kommersiële boer se sak plaas soos vrugbaarheid en groei vermoë. Verder glo hy daaraan dat diere onder dieselfde toestande groot gemaak moet word as waar hulle later in hul lewe moet gaan werk en reproduseer. Die gene wat n lam laat groei op die veld is nie dieselfde gene wat hom sal laat groei in n voerkraal nie en andersom.
Dorper en Witdorper ramme het die volgende pryse behaal:
85 Dorperramme @ R7720 gemiddeld.
32 Witdorperramme @ R7550 gemiddeld
Die met n Seleksie Indeks (SI) van
85 – 95 25 Ramme @ R6144
96 – 105 56 Ramme @ R7480
106 – 115 28 Ramme @ R8150
Bo 115 7 Ramme @ R12928
Die 30 ramme met die beste teelwaardes R9072 gemiddeld.
Die meriete Dorperram 87 12 0073 met besonderse goeie teelwaardes is deur Japie Leeuwner van De Aar gekoop vir R20000. Die verkoper was Mnr Robbie Meintjes.
Tony Cahi van Prieska het n Witdorper stoetram met n SI van 111 aan WA Loubser van Loeriesfontein verkoop vir R13500.
Boerbokke was in goeie aanvraag en het die volgende pryse behaal:
23 Boerbok ramme is verkoop @ R6869 gemiddeld.
Bokke met n Relatiewe ekonomiese waarde (REW) van onder
0 R4087
0 – 3 R5900
3 – 6 R6911
Bo 6 R9000
Sterrie Marais van De Aar het die duurste ram van R18000 met n REW van 6.27 aan Lieb Zwiegers van Griekwastad verkoop.
Van Rooy ramme bly gewild. 28 Ramme is verkoop vir gemiddeld R5139. Jaco Coetzee van Groblershoop moes R15000 betaal vir n Van Rooy ram van Louis Botma met baie goeie teelwaardes en n SI van 106.
28 Meatmasters is vir n gemiddelde prys van R4914 verkoop. PC van Rooyen van Hartswater het R15000 betaal vir n Meatmasterram van CR Collett. Die ram met n REW van 7.5 het ook n SI van 110 en n skrotum omtrek van +4.
Hierdie veiling vind elke jaar die 2de Woensdag van September plaas. Vir meer inligting besoek gerus ons webtuiste by www.veldramme.co.za
Belangstellendes voor die veiling
vlnr Verkoper Sterrie Marais van De Aar. Koper Lieb Zwiegers van Griekwastad en Piet Marais. Die ram is verkoop vir R18000
vlnr Verkoper Robbie Meintjes van Griekwastad. Koper Japie Leeuwner van De Aar Vashouer Pietman van Wyk. Die ram wat nie amptelik beskou word as die Dorperram met die beste genetiese teelwaardes in SA is vir R20000 van die hand gesit.
Mev. Meyer van Johannesburg lyk baie tevrede met haar aankope. Sy boer met Dorpers naby Strydenburg.
Die Van Rooy ram van Louis Botma,links is deur Jaco Coetzee van Groblershoop regs vir R15000 gekoop.