Die persepsie dat ‘n ram met n mooi bouvorm n goeie ram is het verander. Ja n “ mooi “bouvorm is mooi maar meer belangriker is aanpasbaarheid, groeivermoë en reproduksie vermoë. Hierdie eienskappe kan nie met die oog gesien word nie en moet gemeet word.
Die Noordkaap veldram projek het saam met n span wetenskaplikes aan die ou katalogus geskaaf om hom meer verbruikers vriendelik te maak. Werklike waardes en simbole is vervang met slegs n indeks en n akkuraatheid syfer.
As jy slegs na EEN SYFER wil kyk gee die LMI (LOGIX MERIETE INDEKS) jou ‘n goeie aanduiding. Die LMI is ‘n kombinasie van speen, naspeen en reproduksie teelwaardes. Alles in een.
Die tweede syfer waarna gekyk kan word is die RPI (REPRODUKSIE INDEKS) Die RPI voorspel vrugbaarheid wat insluit ouderdom eerste lam, interlam periode, melkproduksie en grootmaak vermoë van die ooi nageslag.
Die derde syfer is die VRSI (VELDRAM SELEKSIE INDEKS) Die VRSI is n aanduiding van aanpasbaarheid onder natuurlike veldtoestande en beklemtoon sy vermoë om op natuurlike veld te produseer en te reproduseer.
Myns insiens is hierdie drie indekse genoeg vir die uitsoek van n ram. Merk in die katalogus (by die huis) n paar meer ramme as wat jy nodig het. Gaan dan die dag met die veiling slegs na hulle en skraap die waarvan jy persoonlik nie hou nie.
Stoet telers moet egter bietjie dieper krap.
Deur Louis van Rensburg
Die WIE verwys na die Ram se naam, van wie kom hy en hoe het hy groot geword. Die WAT verwys na die Ram se familie Stamboom en hulle prestasie en sy genetiese Ekenomiese waarde "Blup" vir Aanpasbaarheid, Vleisproduksie en Vrugbaarheid. Konsentreer dus op die WAT en nie op die WIE wanneer jy n Ram aankoop.
Vertrou op TEELWAARDES en vergeet van duimreels. (DrBobbie vd Westhuizen) Blup is die mees akurate aanduiding van teelwaardes vir alle Ekenomiese eienskappe van n Ram. Veld- en Prestasiegetoetste Teelramme se teelwaardes gee n aanduiding van hoe hul nageslag sal vleis en lammers produseer.
WAARDE van n Teelram met GOEIE GENE. Binne vier geslagte is 94% van jou kudde, van n Goeie Ram wat jy gebruik het, jou kudde se Genetika.(1ste geslag 50%,2de 75%, 3de 87% en 4de geslag 94%)(DrMichaelBradfield Om te Meet is om te Weet. Koop dus die WAT/BLUP Prestasiegetoetste Veldramme van NKVRP.
Deur Dr Frikkie Mare
Wanneer jy besluit om n ram te koop wat jou kudde sal verbeter is daar sekere dinge wat jy in aanmerking moet neem. Dus bekom soveel inligting as moontlik nog voor jy na die ram self kyk
Moet asseblief nie luister na die soms indrukwekkende stambome van ramme sonder geloofwaardige teelwaardes nie
Gaan dus na veilings en stoeterye wat geloofwaardige inligting kan verskaf en waar teelwaardes (Blup) met hoe akkuraatheid beskikbaar is vir verskeie eienskappe.
Die eerste ding om na te kyk is die reproduksie van die ram se ma, met ander woorde hoeveel keer het sy gelam vir haar ouderdom en hoeveel lammers het sy gespeen .
Stel vas of die ram onder dieselfde toestand grootgemaak is as waaronder jy hom wil gebruik .
Is sy groei tot op speen bekend en is hy ook naspeen getoets, verkieslik saam met ramme uit verskillende stoeterye (Seleksie indeks by die veldramveiling). Gebruik soveel as moontlik van hierdie teelwaardes om jou keuse te maak en plaas n paar ramme in volgorde volgens jou keuse.
Eers hierna kyk jy na die ramme self en sorg dat hulle geen funksionele foute het nie. Voldoen hulle aan jou eie fenotipiese vereistes .
Deur Robbie Meintjies